Morné Steyn blink weer uit

Rugby: Die veteraan-losskakel, Morné Steyn, was die ster van die wedstryd tydens die Reënboogbeker-kragmeting op Loftus. Steyn het ‘n beduidende rol gespeel in die Bulle se 43-9 oorwinning oor die Haaie, deur 19 punte aan te teken. Op Ellispark het die Stormers uiteindelik ‘n oorwinning beklink toe hulle het die Leeus met 39-37 geklop het nadat hulle in die eerste twee rondes van die kompetisie verloor het. Die Bulle is bo-aan die puntelys met 13 punte, gevolg deur die Haaie, die Stormers en die Leeus.