‘n Derde van wêreldbevolking maak staat op besoedelende energie

Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheids-organisasie, Tedros Ghebreyesus, sê sowat ‘n derde van die wêreldbevolking is afhanklik van brandstof en gaarmaak-tegnologie wat besoedeling vererger. Hy sê sowat 3,2 miljoen voortydige sterftes word elke jaar veroorsaak deur huishoudelike lugbesoedeling. Ghebreyesus het dit benadruk  toegang tot skoon gaarmaak-metodes in huise, en elektrisiteit in gesondheids-instellings, behoort sleutel-prioriteite te wees.