Transnet-staking moet ten alle koste gekeer word

Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Vraghanteerders, Devlyn Naidoo, doen ‘n beroep op ‘n dringende oplossing vir die Transnet-loondispuut om ‘n staking te voorkom en die land se verskaffingsketttings aan die gang te hou. Naidoo sê die voortslepende dooiepunt tussen die vakbonde en Transnet het ‘n vernietigende uitwerking op die Suid-Afrikaanse ekonomie, baie erger as die voortdurende energiekrisis. Naidoo sê navorsing deur die vereniging toon vertragings in voorsieningskettings ly tot verliese van tussen ‘n 100 miljoen en ‘n miljard Suid-Afrikaanse rand per dag vir die ekonomie: