‘n Derde van Pakistan is steeds onder water

Die Europese Ruimteagentskap het nuwe satellietbeelde vrygestel wat bevestig ‘n derde van Pakistan is tans onder water. Oorstromings van rekord-afmetings wat aan klimaatsverandering toegeskryf word, het die lewens van 1 100 mense geëis en 1,2 miljoen is ontwortel. Die agentskap sê die Indusrivier het sy walle oorstroom en ‘n lang meer van tientalle kilometer laat ontstaan. Die Pakistanse regering sê die skade weens die oorstromings kan sowat 168 miljard Namibiese dollar beloop.