Eagles is gereed vir die Qalanders vanmiddag

Die Richelieu Eagles kom vanmiddag om half-drie teen die Lahore Qalanders op die Wanderers-krieketvelde in die hoofstad te staan. Die Suid-Afrikaanse Lions het Donderdag die Richelieu Eagles met 18 lopies in die Global T20 Namibia gewen. Die hoof uitvoerende beampte van Krieket Namibië, Johan Muller, sê die Eagles is gereed vir die Qalanders.