N/a’an kusê gaan hof toe oor aanhoudingsreëls

N/a’an kusê het ‘n aansoek by die Windhoekse hoërhof ingedien om ‘n hersiening van die omgewingsministerie se nuwe regulasies oor die aanhouding van groot karnivore wat in ‘n kennisgewing op 28 September 2022 gepubliseer is. Die ministerie moet ingevolge die aansoek, redes aan die regter Esi Schimming-Chase verskaf waarom die nuwe regulasies nie hersien en tersyde gestel moet word nie. N/a’an kusê bied vandag ‘n inligtingsessie in die hoofstad aan waar stigters dr. Rudie en Marlice van Vuuren gevallestudies sal aanbied van die omgewingsministerie se mislukkings om die welsyn van diere te beskerm. Hulle sal verduidelik waarom die nuwe regulasies op lang termyn nadelig sal wees vir karnivoorbewaring in Namibië.