Die rykdom is in die hande van die minderheid – Amushelelo

Namibië het ‘n land geword wat bekend is vir korrupsie en twyfelagtige transaksies. Soveel dat daar nou ‘n prentjie geskets word dat enige swart persoon wat in suksesvol in besigheid is, gesien sal word dat hy of sy waarskynlik by een of ander soort korrupte aktiwiteite baat gevind het. Korrupsie in die land het bygedra tot die gebrek aan ontwikkeling, omdat die geld wat die regering beoog het om vir ontwikkelingsprojekte te gebruik, in die hande van die minderheid land. NEFF-aktivis, Michael Amushelelo, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die publiek is nie verkeerd om daardie persepsie te hê nie.