Impakstudies begin vir uitbreiding van Reho Abattoir

Reho Abattoir het Geo Pollution Technologies aangestel om ‘n omgewingsimpak-studie te doen by sy bestaande aanleg net Suid van Rehoboth. Die abattoir beplan om sy bedrywighede uit te brei en die slagpale te vergroot om daagliks 70 bees en 250 skaap deur te sit. Die maatskappy wil vleis verwerk vir beide die plaaslike en uitvoermark. Geo Pollution vra lede van die publiek om te registreer as belanghebbendes in die projek. Daar is verskeie aspekte wat in die omgewing-bestuursplan ingesluit moet word, waarvan grondwater, impak op bure en meer, oorweeg sal word.