Mynwese: Covid nie noemenswaardige impak nie

Die mynbedryf het flink gereageer op die Covid-pandemie, wat gebaseer is op twee sleutelprioriteite. Eerstens om die gesondheid en veiligheid van werkers en plaaslike gemeenskappe te beskerm, en tweedens om ‘n grondslag te vestig om die lang termyn ekonomiese herstel te ondersteun. Hilifa Mbako, die president van die Namibiese Kamer van Mynwese het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die mynbedryf is nie so erg deur Covid geraak nie, omdat hulle voorkomingsmaatreëls getref het.