Monica gesels met Willie Bruwer oor Covid

Die Presidentsvrou Monica Geingos het onderneem om vir die volgende drie weke haar sosiale media platforms te benut om die vespreiding van Covid-19 te bekamp. Sy sal vanmiddag om sesuur in gesprek tree met die bekende pulmonoloog dr. Willie Bruwer in die verband. Intussen het sy met lede van die publiek gepraat en sê elke uur sterf ten minste een persoon in die land aan Covid.