Mynveiligheid-spitsberaad in Johannesburg

Die Myngesondheids- en -veiligheidsraad in die buurland bied vandag en môre ‘n spitsberaad in Johannesburg aan wat werkers-kwessies in die mynsektor sal hanteer. Die spitsberaad vind plaas terwyl mynveiligheid in die kollig is. Teen Augustus het 25 mynwerkers in Suid-Afrika reeds vanjaar aan diens gesterf. Die hoofbestuurder van die raad, David Mamphitha, sê die spitsberaad werk daaraan om te verseker dat geen mynwerker beseer word nie, met geen siektes of sterftes wat in die mynsektor aangemeld moet word nie.