Mynbaas: Ramaphosa moenie deur ANC-misdadigers aangesê word om te bedank

Die ANC eis die terugtrekking van ‘n mynbaas en voormalige vakbondleier, James Motlatsi, se uitlating dat President Cyril Ramaphosa nie deur misdadigers aangesê kan word om te bedank nie. Die party sê hoewel hy nie die reg of gesag het oor persoonlike verhoudings nie, is dit onsensitief en teleurstellend dat iemand van Motlatsi se status sulke roekelose uitlatings kan maak. Die ANC sê die uitlating kom op ‘n tydstip dat die land en die party met ‘n dilemma sit weens die Phala Phala-skandaal.