MTC se SIMkaartregistrasie-veldtog is suksesvol

MTC is suksesvol in sy veldtog vir SIMkaart-registrasie vir sy meer as twee miljoen kliënte. Volgens die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, het lede van die publiek nog 12 maande om hul SIM-kaarte te registreer. Verpligte registrasie begin eers op 1 Januarie volgende jaar en volgens die uitvoerende hoof van Cran, Emilia Nghikembua, sal verpligte registrasie op 31 Desember 2023 ten einde loop. Sy sê sy is tevrede met die verloop van registrasie. John Ekongo, MTC se korporatiewe kommunikasiebestuurder, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus hoe dit met die registrasie gaan.