DBV: Herklasifisering van veghonde as wilde diere nie die oplossing

Die Nasionale Raad van Dierebeskermings-verenigings voel die herklassifisering van Amerikaanse veghonde as wilde diere is nie die ideale manier om te keer dat die honde mense doodmaak nie. Dit volg na verskeie dodelike veghond-aanvalle die afgelope paar maande. Die Sizwe Kupelo-stigting, wat die veldtog teen die honde aanvoer, het met ‘n aanlyn-griefskrif begin om die honde as troeteldiere verbied te kry. Talle mense eis ‘n verbod op die teel van die honde. Nóg ‘n voorval het Saterdag naby die Pilanesberg-natuurreservaat in Noordwes plaasgevind toe ‘n 39-jarige man deur ‘n Amerikaanse veghond verskeur is.