GRN se rekord op menseregte word geëvalueer

Namibië se menseregterekord gaan vir die derde keer deur die Algemene Periodieke Hersiening van die Verenigde Nasies se menseregteraad onder die loep geneem word tydens ’n regstreekse aanlyn vergadering wat vandag gehou word. Die vorige hersienings is in 2011 en toe weer in 2016 gedoen. Namibië is een van 14 lande wat hersien word. Anthea Basson, die VN se Nasionale Woordvoerder in Namibië het die besonderhede…