Mwiya sê oor sy salaris…

Plaaslike media berig dat as gevolg van ‘n administratiewe fout het die hoof administrateur van die Namibiese sportkommissie, Freddy Mwiya, twee keer meer maandeliks verdien as die sportminister, Agnes Tjongarero. Luidens die berigte meen Tjongarero dat die tipe fout meer algemeen is as wat geglo word en dus, hoef Mwiya nie die geld terug te betaal nie omdat hy dit reeds ‘n geruime tyd verdien. Kosmos 94.1 Nuus kon nie die minister bereik nie maar Mwiya sê dis alles nonsens.

Hy voeg by die minister het reeds verduidelik en om verskoning gevra vir die adminsitratiewe fout.