MVA-fonds is ontplooi na Mariental, Ongwediva

Heldedag-vieringe vind môre in die Suide op Mariental in die Hardap-streek plaas en in die Noorde skop die jaarlikse Ongwediva Handelskou ook môre af. Die Motorvoertuig-ongelukkefonds se senior bestuurder vir nooddienste, Ruben Uupindi sê hulle sal in die Hardap-streek en rondom die Handelskou teenwoordig wees om hul dienste te verskaf.