Kinderverkragter sê hy vrees vir sy lewe in die tronk

‘n Gevangene wat 14 jaar tronkstraf uitdien vir die seksuele misbruik van ‘n ses-jarige meisie, eis dat hy geskuif word na sy eie sel toe. Maiba Kolela Jonathan, 23, dien sy vonnis uit op Walvisbaai maar sê hy vrees vir sy lewe. Hy bring ‘n dringende aansoek in die hoërhof en sê dat beamptes van Korrektiewe Dienste hom teister, straf en martel. In sy stukke voor die hof sê hy dat hy deur lede van ‘n bende in die fasiliteit aangerand is en is toe in ‘n enkelsel geplaas maar, is later daaruit verwyder. Die aansoek sal op 6 September deur regter Eileen Rakow aangehoor word. Dit is alom bekend dat gevangenes wat kinders mishandel het, nie gewild in tronke is nie.