Mkhwebane kan nie haar regskostes betaal nie

Die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, sê sy kan nie die regskoste van haar tweede mislukte herroepingsaansoek in die Konstitusionele Hof bekostig nie. Die aansoek hou verband met die beslissing oor die ampsklag-ondersoek teen haar, wat sy as onwettig beskou. Die hoogste hof het eenparig bevind sy moet die koste in haar persoonlike hoedanigheid betaal omdat die aansoek die hofproses misbruik het. Mkhwebane sê die Konstitusionele Hof se beslissing is die grootste misbruik van vroue: