Jy gaan meer opdok vir ‘n Namibiese goue koue

Daar sal vanaf 17 Oktober meer vir Namibiese bier opgedok moet word. Namibia Breweries Limited het ‘n prysverhoging van tussen 5 persent en 14 persent aangekondig. Pryse van Tafel Lager, Tafel Lite, Tafel Radler, Windhoek Lager en Windhoek Draught, insluitend nie-alkoholiese Windhoek, King Lager, Hansa Draught and Strongbow Cider, sal styg. NBL sê in ‘n mediaverklaring hy erken die impak van wêreldwye prysverhogings op die gemeenskap, maar sê dat die huidige internasionale ekonomiese gebeure ook ‘n impak op die brouery se voorsieningsketting gehad het.