LPM hou voet by stuk waterskuld moet afgeskryf word

Die LPM parlementslid Diederik Vries sê hy ondersteun die afskryf van agterstallige waterrekenings van plaaslike owerhede. Vries sê die koste van water is ‘n las vir mense in Afrika, insluitend Namibië. In sy mening word baie stedelike inwoners gedwing om hul gesondheid en waardigheid in die gedrang te bring deur baie minder water te gebruik of water uit onveilige bronne te benut eenvoudig omdat hulle nie die rekening kan bekostig nie. Talle kan ook nie groentetuine plant nie want water is te duur. Hy sê dat lae-inkomste gesinne belas word deur rekeninge vir gesondheidsorg, huur, kruideniersware en ander benodigdhede en dan word een onbetaalde waterrekening nog ‘n onbetaalde waterrekening. Hy sê dit word nie doelbewus deur mense gedoen nie.