Musk verloor miljarde met daling in Tesla-aandele

Elon Musk het vanjaar sowat 626 miljard Namibiese dollar verloor nadat sy rykdom sedert 2020 skerp toegeneem het. Volgens syfers van Bloomberg se lys van miljardêrs het Musk teen 2020 ‘n fortuin van 410 miljard Namibiese dollar versamel, wat teen vandeesmaand tot 3,9 triljoen Namibiese dollar gegroei het. Dít nadat dit egter aan die begin van die jaar op nagenoeg 4,5 triljoen Namibiese dollar gestaan het. ’n Beduidende gedeelte van sy verliese word toegeskryf aan ’n daling in die aandeelprys van sy maatskappy Tesla sedert Januarie.