DA verwelkom ANC reaksie op EU se sitrusbepalings

Die DA het die regering se ingryping verwelkom in die dooiepunt met sitrusuitvoere weens die Europese Unie se Staande Komitee oor Plante, Diere, Voedsel en Voer, se besluit om Suid-Afrkaanse sitrusinvoere aan uiterste koue te onderwerp om vals kodlingmot te voorkom en uit te skakel. Noko Masipa van die DA verwys na die aangekondiging van die Suid-Afrikaanse regering se voorneme om ʼn handelsdispuut by die Wêreld Handelsorganisasie in te dien weens die EU se besluit: