Aappokke: Eerste geval in Sudan

Sudan het sy eerste geval van aappokke bevestig. Volgens die land se gesondheidsministerie is die pasiënt ‘n 16-jarige student in Wes-Darfur. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het vroeër sy kommer oor die siekte uitgespreek wat verder versprei met meer as 18 000 gevalle wat in 78 lande bevestig is. San Francisco en New York in die VSA het reeds ‘n noodtoestand afgekondig.