Johnson en Sunak ontmoet in Londen

Boris Johnson en Rishi Sunak het laat Saterdag in Londen ontmoet om die leierskap van die Konserwatiewe Party te bespreek. Johnson het vroeër die dag van ‘n vakansie in die Dominikaanse Republiek teruggekeer. Nog nie een van die twee het amptelik aangekondig dat hulle verkiesbaar is nie maar ontleders meen dat Johnson, wat meer gewild is onder die publiek, die party ‘n kans kan gee in die volgende algemene verkiesing al is Sunak die beter kandidaat. Hy is die een wat Liz Truss gewaarsku het oor haar ekonomiese plan. Sommige kommentators sê Johnson behoort nie te staan nie omdat hy nog die fokus van ‘n parlementêre ondersoek is as gevolg van Partygate.