Afrika het nie ‘n enkele dosis aappok-entstof nie

Afrika het nog nie ‘n enkele dosis van die aappokke-entstof ontvang nie, ondanks toenemende gevalle in Nigerië, die Demokratiese Republiek van die Kongo en Ghana. Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika streeksdirekteur, dr. Matshidiso Moeti, sê hulle het toetsstelle aan hoërisikolande verskaf. Sy sê alhoewel geen enkele dosis entstof aan enige hoërisiko-groep toegedien is in enige van die Afrikalande wat gevalle aangemeld het nie, het die WGO 39 000 toetsstelle aan geaffekteerde lande verskaf, wat verbeterde toetsvermoë moontlik maak.