Musk sal helfte van Twitter-personeel vandag afdank

Twitter sê hy sal vandag met die moeilike proses begin om sy personeel wêreldwyd te verklein, nadat die maatskappy deur die miljardêr Elon Musk, oorgeneem is. Musk het die maatskappy verlede week in ‘n transaksie ter waarde van 807,71 miljard Namibiese dollar gekoop. Na wat berig word wil Musk sowat 3 700 poste afskaf, wat sowat die helfte van Twitter se werksmag is. Musk het reeds verskeie top-amptenare by Twitter die trekpas gegee toe hy oorgeneem het.