Stadige internet, oproepe wat net afsny? Hier’s hoekom

MTC is tot môre besig met netwerk-opgraderings in Windhoek-Noord, Khomasdal en die sentrale sakekern. Die publiek kan ‘n stadige netwerk, moontlike onderbreking tydens oproepe en stadige verbindingspoed as gevolg van die opgraderings verwag. John Ekongo, MTC se korporatiewe kommunikasiebestuurder, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die Khomas-streek se opgradering behoort teen 20 November voltooi te wees.