Britte het grootste repokoers verhoging in 30 jaar

Die Bank van Engeland het gewaarsku Brittanje kan die langste resessie ooit tegemoet gaan nadat hy rentekoerse die meeste in 33-jaar verhoog het. Die bank waarsku die land sal ‘n baie uitdagende inkrimping van twee jaar ervaar, met werkloosheid wat teen 2025 byna sal verdubbel. Daar word berig die president van die bank, Andrew Baily, sê daar lê moeilike tye voor vir Britse huishoudings. Hy sê die bank moes nou streng optree, anders sou sake later vererger. Rentekoerse is van 2,25  tot 3 persent verhoog, wat die skerpste daling sedert 1989 is. Die leier van die opposisie Arbeidersparty Sir Keir Starmer blameer die Tory-regering.