Musikante gaan Russiese soldate op frontlinie ondersteun

Rusland gaan musikante en sangers op die frontlinie van sy oorlog met Oekraïne ontplooi om troepe se moreel ʼn hupstoot te gee. Die ministerie van verdediging het die totstandkoming van ʼn sogenaamde frontlinie kreatiewe brigade aangekondig en bygevoeg sirkus-artieste sal deel vorm daarvan. Volgehoue berigte verwys na die lae moreel wat blykbaar ʼn ernstige probleem by omtrent die hele Russiese weermag is.