Namibiese landbousektor sal in 2023 bly groei

Groei in die Namibiese landbou-, bosbou- en visvang-sektor gedurende derde kwartaal is ondersteun deur hoofsaaklik graanproduksie, veral mielies, asook melkproduksie, terwyl visvang met 33 persent gedaal het. Nadat dié sektor met 7,8 persent en twee persent in onderskeidelik die eerste en tweede kwartaal van 2022 op ‘n jaarlikse basis gegroei het, was daar ‘n inkrimping van 14,2 persent in die derde kwartaal. La Nina het nie voldoende reënval tot vir saaiboerdery gebring nie en visvang het beperk gebly. Simonis Storm verwag egter dat die landbousektor in 2023 positief sal groei, hoofsaaklik as gevolg van veeproduksie.