Zuma gaan nie sy saak teen Ramaphosa laat vaar

Die Jacob Zuma-stigting sê oudpresident Zuma is nie van plan om sy strafregtelike saak teen President Cyril Ramaphosa terug te trek nie. Dit sal van 19 Januarie af aangehoor word in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg. Die stigting het net voor die ANC se nasionale verkiesingskonferensie by Nasrec in Johannesburg afgeskop het, aangekondig dat hy Ramaphosa en advokaat Billy Downer gaan vervolg vir die oortreding van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag. Die woordvoerder van die stigting, Mzwanele Manyi, sê hulle gaan Ramaphosa in die hof aanvat.