Air Nam-vlieëniers sukkel om vlerke te sprei

Sedert die amptelike aankondiging deur die Namibiese Regering dat die Nasionale Lugredery Air Namibia gelikwideer word, is personeel en vlieëniers pakkette betaal, maar nog nie ten volle soos belowe nie. Die President van die Namibië Lugrederye Vlieëniersvereniging, Heino Jakob, het aan Kosmos 94. 1 Nuus gesê vlieëniers het slegs ‘n derde van hul betalings ontvang.

Jakob se verder werksomstandighede vir vlieëniers in Namibië is skaars, en alhoewel daar geleenthede by lugrederye in Afrika is, stel hulle liewer hul eie burgers aan.