Munisipaliteite verbreek mandaat

Die Suid-Afrikaanse Eiendomseienaarsvereniging beskuldig munisipaliteite van die verbreking van hulle grondwetlike mandaat ten opsigte van infrastruktuur. Die vereniging het ‘n verslag gepubliseer wat die mislukkings van verskeie munisipaliteite in die land uiteensit. Volgens die uitvoerende hoof, Neil Gopal, het die toestand van munisipale infrastruktuur oor die jare agteruit gegaan. Hy sê Kaapstad staan uit vanuit ‘n ontwikkelingsoogpunt, terwyl Nelson Mandelabaai, eThekwini en Ekurhuleni steeds groot kommer veroorsaak: