NDF: Net minder as 1 500 moet aanmeld

Die Namibiese ministerie van verdediging het vandag die lys van suksesvolle aansoekers gepubliseer. Kandidate moet tussen 17 en 21 Oktober by die Osona-basis by Okahandja tussen agt-uur en vyf-uur aanmeld. Alle kandidate moet hul inentingsertifikate, geboortesertifikate en hul akademiese kwalifikasies saam bring. Kandidate moet ook ‘n bankrekening oopmaak en ‘n bevestigingsbrief van die bank saam neem. Alleenlik kandidate wat gelys is sal bygestaan word. Die ministerie vra ook dat kandidate nie hul selfone saambring nie. Daar is ‘n totaal van 1 451 kandidate wat moet aanmeld.