Munisipale vakbond Matusa sê korrupsie lei tot swak dienslewering

Die munisipale vakbond Matusa sê korrupsie, omkopery, magsmisbruik en verduistering van fondse is faktore wat bydra tot die gebrek aan dienslewering op munisipale vlak. Die vakbond se adjunk-hoofsekretaris, Thulani Ngwenya, sê indiensnemings-onreëlmatighede, insluitend die indiensneming van ongeskoolde leiers, is nog ‘n bydraende faktor. Hy sê die regering moet nou daaraan werk om die Wysigingswetsontwerp op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, wat President Cyril Ramaphosa onderteken het, in werking te stel.