Khomas-bevelvoerder hou sy laaste operasie in die streek

Die Namibiese polisie het saam met die bevelvoerder van die Khomas-streek, kommissaris Ismael Basson, sy laaste operasie as die bevelvoerder van die streek gehou. Die operasie is oor die naweek gehou met die doel om gevaarlike, onwettige wapens uit die samelewing te verwyder. Kommissaris Basson sê aan Kosmos 94.1 Nuus die operasie was ‘n sukses, maar die polisie sal dit aan die publiek oorlaat om te oordeel.

Basson het ook aan Namibiërs veiligheidswenke vir die komende langnaweek gegee wanneer Namibië Vrydag Heldedag op Mariental in die Hardap-streek gaan herdenk.