Mugabe se dogter moet ‘n deel van hul plaas ontruim

ʼn Hoërhof in Zimbabwe het beslis die dogter van die gestorwe voormalige president, Robert Mugabe, Bona, en haar man, Simbarashe Mutsahuni, moet gedeeltes van hulle plaas in Mazowe, Masjonaland, ontruim. Dit volg op ‘n hofaansoek van die organisasie National Tested Seed, oor eienaarskap van ʼn gedeelte van die plaas van 168-hektaar. Die egpaar het die hof in 2021 genader oor ʼn beslissing wat gelei het tot die verpligte afskaling van hulle plaas in Mazowa, wat daartoe gelei het dat hulle ʼn gedeelte van hulle grond verloor het.