Red Bull wil Britse Grand Prix vat

Max Verstappen keer ‘n jaar na ‘n pynlike botsing terug na Silverstone as die besliste gunsteling om sy eerste Britse Grand Prix in te palm en sy voorsprong in die Formule Een-titelstryd te vergroot. Die 24-jarige Nederlandse bestuurder en sy Red Bull-span is op die kruin van ‘n golf na ses agtereenvolgende oorwinnings. Daar word berig die span se grootste uitdaging die naweek sal waarskynlik kom van Charles Leclerc en Carlos Sainz. Die Ferrari-jaers was vinniger in Montreal, Kanada, maar kon steeds nie wen nie.