Mudge: Skande dat leerders in tente moet skoolgaan

‘n Namibiese politikus het sy reaksie gegee op die 730 leerders van Rundu wat uiteindelik vandag met die skooljaar in tente begin nadat daar nie vir hulle plek in skole was nie. Die kantoor van die eerste minister 20 tente geskenk na tekorte aan plekke by formele skole in die Kavango-Oos-streek bevestig is. Daar sal 12 onderwysers vir die leerders wees wat neerkom op amper 61 leerders per klas. Tafels en stoele is bewillig van ander skole in die streek en die Namibiese weermag het, saam met gemeenskapslede, die skool opgerig en die terrein skoongemaak en voorberei. Oud-parlementslid, Henk Mudge sê aan Kosmos 94. Nuus dit is ‘n skande dat Namibiese kinders nog in tente moet skoolgaan.