Deeltydse leerders kan tot 3 Maart registreer om eksamenuitslae te verbeter

Die Namibiese onderwysministerie het vandag die begin van die 2023 nasionale eksamenregistrasie aangekondig vir kandidate wat hul vorige eksamenuitslae deeltyds wil verbeter. Volgens ‘n mediaverklaring van die ministerie sal die registrasie vir beide die deeltydse Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone en Gevorderde Vlakke vanaf vandag tot 3 Maart 2023 duur. Alle kandidate moet hul bewys van registrasie hê vir onderrig by enige van die Namcol-sentrums of ander onderrigsentrums. Kandidate word nie toegelaat om vir twee verskillende eksamens in dieselfde jaar te registreer nie, asook nie om deeltyds by twee verskillende sentrums te registreer nie. Geen laat registrasies sal toegelaat word nie.