Proteas se opwarmingswedstryd reën uit

Suid-Afrika se voorbereidings vir die eendag-Wêreldbekertoernooi in Indië is belemmer toe vandag se opwarmingswedstryd teen Afghanistan afgelas is weens reën, sonder dat ʼn bal geboul is. Die Proteas kry Maandag nog ʼn geleentheid om aan die plaaslike toestande gewoond te raak wanneer hulle teen die finalis van 2019, Nieu-Seeland, speel voor die toernooi Donderdag afskop. Die Proteas se kaptein, Temba Bavuma, het gister om gesinsredes huiswaarts gekeer, maar behoort terug te wees in Indië voor Suid-Afrika volgende Saterdag sy eerste wedstryd teen Sri Lanka in Delhi speel.