MTN gesels met Telkom oor aankoop

Die Suid-Afrikaanse MTN-groep is in gesprek om Telkom aan te koop. Die twee maatskappye het in ‘n verklaring by die Johannesburgse aandelebeurs gesê besprekings is in ’n vroeë stadium en daar is geen sekerheid dat die transaksie deurgevoer sal word nie. Telkom se aandele het ná die aankondiging met byna 30 persent  gestyg, terwyl MTN met byna 5 persent gestyg het. Indien suksesvol, sal MTN in sy mededinging teen Vodacom versterk.