Dieresiektes neem toe op vasteland, in mense

Daar was ‘n skerp toename in soönotiese siekte-uitbrekings in Afrika in die laaste dekade. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie staar die vasteland ‘n toenemende risiko in die gesig van uitbrekings wat veroorsaak word deur soönotiese patogene, soos die aap-pokke virus wat in diere ontstaan het. ’n WGO-verslag het aan die lig gebring dat daar tussen 2001 en 2022, 1 843 gestaafde openbare gesondheidsgebeurtenisse in die WGO se Afrika-streek aangeteken is met 30 persent wat soönoties van aard was.