SAA land vandag weer op Hosea Kutako

Vandag was ‘n geskiedkundige dag vir South African Airways vanweë sy herbekendstelling van sy bedrywighede terug in Namibië nadat dit in Maart 2020 deur Covid-19 ontwrig is. Die herinstelling van SAA-vlugte na Windhoek is goed ontvang deur rolspelers in die lugvaartbedryf en toerismesektor. SAA se finansiële hoof, Fikile Mhlontlo, sê dit is ‘n vreugde om terug in Namibië te wees. SAA gaan twee vlugte per dag tussen Windhoek se Internasionale Lughawe Hosea Kutako en die OR Tambo-lughawe in Johannesburg hê.