MTC se Vax-Up: Ekandjo gee terugvoer

Talle veldtogte is deur die Namibiese regering en korporatiewe maatskappye van stapel gestuur om Namibiërs aan te moedig om ingeënt te word. Rondom 25 persent van die geteikende bevolking is ingeënt. Talle kenners, hier en eldersm meen dat inentings deel vorm van ekonomiese herstel na die pandemie. Een van die plaaslike veldtogte, Vax-Up Nam is deur MTC van stapel gestuur. Kosmos 94.1 Nuus het aan Tim Ekandjo, hoof van korporatiewe sake van MTC gevra hoe dit met dié veldtog gaan.