Mosambiek onttrek handboek oor homoseksualiteit

Mosambiek sal ‘n natuurwetenskaphandboek vir graad 7 van skole verwyder ná verontwaardiging op sosiale media oor die inhoud daarvan wat onder andere, homoseksualiteit en seksopvoeding insluit. Leerlinge in die land gebruik reeds die handboek The Secret of Life deur die Portugese uitgewer Texto Editores, vir 18 jaar. Berigte lui dat die land se onderwysministerie onder druk verkeer het en toe besluit het om die boek terug te trek tot ‘n nuwe weergawe, een sonder die hoofstukke, beskikbaar gestel kan word.