JP Burger en Benita Windich wen Sandman-driekamp

JP Burger het die FNB Sandman-driekamp se ultra-afstand-kompetisie in die manlike kategorie gewen, met ‘n nie-amptelike tyd van vier ure en 35 minute. Konrad Marais is die naaswenner met ‘n tyd van 4 ure en 38 minute. Benita Windich het haar titel in die vrouekategorie in net meer as vyf ure verdedig. Die byeenkoms vind vandag by die Swakopmund Mole plaas.