MTC sal later reageer op aantygings dat hy onwettig biometriese data insamel

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing beskuldig MTC daarvan dat hy biometriese data insamel, met gesigfoto’s en vingerafdrukke wat blykbaar geneem word tydens die SIM-registrasie periode. Volgens die instituut, is daar geen wetlike basis hiervoor nie. Frederico Links ‘n navorser by die instituut, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Kosmos 94.1 Nuus het met John Ekongo van MTC gepraat wat bevestig het dat die maatskappy binnekort op die aantygings sal reageer.