Eksom is reeds R10 miljard oor dieselbegroting

Eskom se finansiële hoof, Calib Cassim, het erken hulle gaan nóg vier miljard-rand vir diesel  nodig hê. Dit is ondanks die feit dat die begroting reeds v11:00er oorskry is.  Die kragverskaffer het reeds 18 miljard Suid-Afrikaanse rand bestee, wat 10 miljard rand meer is as die begrote 8 miljard vir die boekjaar tot einde Maart. Cassim het aan die Parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge gesê die dieselbegrotingstekort gaan oor die komende twee boekjare sowat 16 miljard rand wees, afhangend van die werklike olieprys, finale dieselvolumes en die prestasie van die steenkoolvloot.